Upington-polisieman se moordsaak begin vandag

Stefano Visagie is in Januarie 2020 in sy slaap vermoor.

0

Die Upington Hooggeregshof sal vandag die moordsaak van die ontslape polisiekonstabel, Stefano Visagie aanhoor.

Visagie is in Januarie 2020 aangeval en vermoor, terwyl hy by ‘n vriend se huis geslaap het.

Die Noord-Kaapse polisie het bevestig dat Visagie in sy slaap, deur ‘n buitelander op Lennertsville buite Keimoes doodgesteek was.

Visagie se vriend was ten tyde van die insident teenwoordig, maar het daarin geslaag om betyds te ontsnap.

“Die beskuldigde, Emanuel Okafor was sedert die voorval in aanhouding en sal vandag aansoek doen vir borg.”

Die staat het alreeds verskeie kere Okafor se bogtogaansoeke van die hand gewys.

Leave A Reply

Your email address will not be published.