Upington SAPD “Adopt A Cop” reik uit na skoolgemeenskap

 Upington SAPD “Adopt A Cop” reik uit na skoolgemeenskap

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die polisie op Upington se Adopt A Cop komponent, vergesel deur Korporatiewe Kommunikasie, die honde-eenheid en die Distrik-taakspan het op Woensdag 16 Februarie 2022 skole in die stasie diensarea besoek.


Adjudant-Offisier Omphile Masegela, polisiewoordvoerder het gesê dat die polisie deur hul veiliger skool program leerders inlig oor kwessies soos boelies, skool verlating en dwelmmisbruik.


In dieselfde asem het die polisie skooldrag aan minderbevoorregtes geskenk in ‘n poging om moontlike skool verlating weens ‘n gebrek aan uniforms te verminder.


Die waarnemende stasiebevelvoerder van Upington, kolonel Gert Jobs het erkenning gegee aan die prysenswaardige werk deur lede, en toon belangstelling in die skep van veilige omgewing in skole.

Bernadine Hearn

Related post