Upington SAPD konfiskeer dwelms

 Upington SAPD konfiskeer dwelms

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die Upington polisie het ‘n 28-jarige man in hegtenis geneem op klagtes wat verband hou met dwelms.


Die polisie het verlede Saterdag, 12 Februarie 2022, inligting opgevolg wat tot die beslaglegging van dagga, tik en mandrax gelei het.


‘n Woorvoerder vir die polisie, Sersant Omphile Masegela, het bevestig dat die inligting die polisie gelei het na ‘n koshuis in Upington, waar dwelms verkoop word.


Hulle het die perseel deursoek en dwelms gevind wat in ‘n laai versteek was.


“’n 28-jarige man is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn,” het Masegela gesê.

Bernadine Hearn

Related post