Upington SAPS soek hulp om vermiste persoon op te spoor

"Die polisie in Upington vra bystand om ’n vermiste man op te spoor."

0

Die polisie in Upington vra bystand om ’n vermiste man op te spoor.

Sersant Omphile Masegela, Noord-Kaapse polisiewoorvoerder, het bevestig dat Isak Vass (46) laas op 2019/12/31 gesien was toe hy gesê het hy gaan plaas toe, maar niemand weet watter plaas nie en hy het nooit terug gekeer huistoe nie.

Isak is ‘n psigiatriese pasiënt en sy familie versoek enigiemand wat hom dalk gesien het om asseblief vir kaptein Christa Kruger by 076 022 3528 of 054 337 3400 te kontak.

Leave A Reply

Your email address will not be published.