Upington: Skolebewustheid oor kubermisdaad

"Leerders is gewaarsku teen die verspreiding van nie-geverifïeerde boodskappe, foto's en videos."

0

Lede van die SAPD in Upington in samewerking met die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het sessies aangebied met verskillende grade by Hoërskool Upington om leerders te bemagtig oor die gevare van kubermisdaad.

‘n Polisiewoorder in die Noord-Kaap, Sersant Omphile Masegela, het bevestig dat hulle ingelig is oor aktiwiteite wat meestal op sosiale mediaplatforms plaasvind en die vernietigende implikasies daarvan.

Leerders is gewaarsku teen die verspreiding van nie-geverifïeerde boodskappe, foto’s en videos.

“Inligting oor verskillende platforms wat gebruik kan word om sulke gedrag aan te meld, is met leerders gedeel”, het Masegela gesê.

Die skoolbestuur het dit waardeer dat die polisie hierdie groot stap geneem het om met leerders en die skool as geheel te skakel, om ‘n goeie verhouding tussen leerders te skep en hul pogings om ‘n beter toekoms vir die kinders te verseker.

Leave A Reply

Your email address will not be published.