Upington-tiener vas vir dwelmhandel

0

‘n 16-Jarige tienerseun van Upington in die Noord-Kaap is gister in hegtenis geneem, nadat hy in besit van ‘n aansienlike hoeveelheid dwelms gevind was.

Die Upington-polisie het bevestig dat hulle ‘n wenk ontvang het, oor dwelms wat in Angelier Weg op Upington gestoor word.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Nomthandazo Mnisi het bevestig dat die polisie die tienerseun vasgetrek het, met behulp van die Valke en die honde-eenheid.

Die span het ondersoek by die spesifieke adres gaan instel en beslag gelê op ‘n groot hoeveelheid mandrax-tablette.

“‘n 16-Jarige tienerseun is in besit van meer as 600 mandrax-tablette gevind.”

Mnisi sê die verdagte sal binnekort sy hofverskyning maak.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.