UPINGTON: Verkragter gevonnis

"Die totale vonnis beloop effektiewe gevangenisstraf van 11 jaar."

0

Die provinsiale bestuur verwelkom die vonnis wat onlangs in die streekhof in Upington aan Juvani Jantjies (19) opgelê is.

Op 18 Januarie 2020, omstreeks 20:40, is die 17-jarige vroulike slagoffer deur haar ma na ‘n naby geleë winkel gestuur toe sy deur die beskuldigde in Rondom-Skrikstraat, Upington, voorgekeer was.

‘n Polisie woordvoerder in die Noord-Kaap, Kaptein Sergio Kock, het bevestig dat Jantjies die slagoffer aangerand het, haar uitgetrek en in ‘n nabygeleë veld gesleep waar hy haar met geweld verkrag het.

Die beskuldigde is die volgende dag in hegtenis geneem en het in aanhouding gebly tot sy vonnisoplegging.

Op 27 Julie 2021 het Jantjies twee jaar gevangenisstraf gekry vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, 3 jaar vir seksuele aanranding en 8 jaar vir verkragting waarvan 2 jaar opgeskort is.

Die totale vonnis beloop effektiewe gevangenisstraf van 11 jaar.

“Die provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, Brig Nicky Mills, het Adjudant-Offisier Tabisho Mashililishili geloof vir sy toewyding wat tot hierdie uitstaande vonnisse gelei het. Ons gemeenskappe is beslis veiliger met oortreders van sulke gruwelike misdade agter tralies,” het Mills gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.