Valke arresteer twee verdagtes vir die besit van ammunisie en handgranaat

 Valke arresteer twee verdagtes vir die besit van ammunisie en handgranaat

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan het saam met Kimberley TRT en Plofstof-eenheid op Vrydag, 18 Februarie 2022 twee verdagtes, in hegtenis geneem.

Die verdagtes is onderskeidelik 48 en 26 jaar oud, en was vir die besit van onwettige vuurwapens en plofstof in hegtenis geneem.

Kaptein Tebogo Thebe, valke woordvoerder, het bevestig dat die span het inligting ontvang oor ‘n verdagte wat in besit was van ‘n vuurwapen en ‘n handgranaat.

’n Soek- en beslagleggingsoperasie is by ’n geïdentifiseerde eiendom in Galeshewe, Kimberley, uitgevoer.

“Die eiendom is deursoek en die span het een Norinco 9mm-pistool met 21 9 mm lewendige patrone teruggekry en een Suid-Afrikaanse Polisie skokgranaat”, het Thebe gesê.

Beide verdagtes sal na verwagting Maandag, 21 Februarie 2022 in die Galeshewe-landdroshof verskyn.

Ondersoek duur voort.

Bernadine Hearn

Related post