Valke lê beslag op meer as R200k se mandrax

0

Die Valke op Upington, het vroeg vanoggend ‘n 30-jarige verdagte in hegtenis geneem, op ‘n klagte van dwelmhandel.

Die span het inligting ontvang oor dwelms wat met ‘n passasiersbus vanaf Johannesburg na Upington vervoer word.

‘n Woordvoerder vir die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi, het bevestig dat die Valke onmiddelik ‘n ontwrigtingsoperasie van stapel gestuur het.

“Tydens ‘n amptelike deursoekingsproses, is beslag gelê op mandrax-tablette, met ‘n geraamde straatwaarde van R221 700.”

Die verdagte sal na verwagting môre, 21 Oktober in die Upington-landdroshof verskyn.

Die Valke se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.