Van COVID-kroning tot die wêreld

0

Vanjaar se Mej. Suid-Afrika top drie deelnemers gaan die land in 2021 op drie verskillende internasionale verhoë verteenwoordig.

“Die huidige Mej. Suid-Afrika 2020, Shudufhadzo “Shudu” Musida gaan deelneem aan die Mej. Wêreld-kompetisie, en hoop om in die voetspore van Rolene Strauss te volg, wat die titel in 2014 verower het.”

Mej. Wêreld Suid Afrika 2020 – Shudufadzo Musida

Thato Mosehle, die eerste naaswenner in vanjaar se kompetisie, gaan deelneem aan die Mej. Supranasionaal-kompetisie, die eerste persoon onder die amptelike vaandel van die Mej Suid Afrika Organisasie wat dit doen as Mej. Supranasionaal Suid Afrika 2020.

Mej. Supranasionaal Suid Afrika 2020 – Thato Mosehle

Natasha Joubert, die tweede naaswenner sal deelneem aan die Mej. Heelal-kompetisie, as Mej. Heelal Suid-Afrika 2020.

Mej. Heelal Suid Afrika 2020 – Natasha Joubert

Voorheen het die Mej Suid-Afrika Organisasie ‘n verteenwoordiger na Mej. Heelal en een na Mej Wêreld gestuur, maar volgende jaar sal die eerste Suid Afrikaner, die land by die Mej. Supranasionale-kompetisie verteenwoordig.

Verlede jaar het Zozibini Tunzi die nasie by Mej. Heelal verteenwoordig en die titel verower, terwyl die eerste naaswenner Sasha-Lee Olivier aan Mej. Wêreld deelgeneem het.

Mej. Wêreld, die oudste bestaande internasionale skoonheidskompetisie, wat in 1951 in die Verenigde Koninkryk begin het, sal met trots sy 70ste bestaansjaar in 2021 vier, wanneer Toni-Ann Singh van Jamaika haar opvolger sal bekroon.

Die uitgawe was oorspronklik geskeduleer vir die einde van 2020, maar is uitgestel weens die COVID-19 pandemie.

Die kompetisie sal na verwagting in die tweede helfte van 2021 plaasvind.

Musida sal in die voetspore van drie voormalige Mej. Suid-Afrikaners volg: Strauss, Anneline Kriel en Penelope Coelen wat onderskeidelik in 2014, 1974 en 1958 die Mej Wêreld-kroon na Suid-Afrika gebring het.

“Ek is so opgewonde om na Miss World te gaan, veral omdat dit ‘n mylpaal herdenking vier en in die voetspore volg van diegene wat voor my geloop het. Dit is ‘n wonderlike geleentheid en ek kan nie wag om hierdie land te verteenwoordig en die woorde ‘Mej. Suid-Afrika’ volle bors te skree nie. Ek wil Suid-Afrika trots maak!”, het Musida vertel.

Die eerste Mej Supranasionaal-kompetisie het in 2009 in die Pole begin, met 40 lande van regoor die wêreld.

Daar is nou meer as 80 deelnemers van elke vasteland.

Die 12de uitgawe, wat vir hierdie maand beplan is, is ook tot volgende jaar uitgestel weens die wêreldwye pandemie.

“Suid-Afrika sal vir die eerste keer ooit deel uitmaak van die kompetisie onder die Miss South Africa-sambreel. Ek voel dat ek die voorreg kry om die pen vas te hou wat die geskiedenis vir Suid-Afrikaanse vroue in hierdie kompetisie sal skryf. Die waardes wat die Miss Supranational Organization het, is om aspirasie en inspirasie te wees, terwyl jy steeds getrou aan jouself is, wat die essensie van wie ek is. Ek is so opgewonde om volgende jaar my land in die Pole te verteenwoordig en ek gaan my bes doen om die eerste persoon uit hierdie land te word wat die titel verower, ” sê Mosehle.

Drie vroue uit Suid-Afrika het die Mej. Heelal verower – Margaret Gardiner in 1978, Demi-Leigh Tebow in 2017 en Zozibini Tunzi in 2019.

Ook hierdie kompetisie is tot 2021 uitgestel.

Natasha Joubert is bewus daarvan dat sy groot skoene het om vol te staan as sy volgende jaar na Mej. Heelal gaan: “Ek voel waarlik geëerd en nederig om my geliefde Suid-Afrika te verteenwoordig. Nog nooit in ‘n miljoen jaar het ek ‘n jaar terug gedink, toe ek gekyk het hoe ons heersende Mej. Heelal, Zozibini Tunzi gekroon word, dat ek gekies sou word as die vrou om die titel te verdedig en die wêreld te wys hoe sterk, kragtig, uiteenlopend en uniek Suid-Afrikaanse vroue is! Dit was ‘n lewenslange droom wat ek kon uitleef en sal die Mej. Suid Afrika Organisasie vir ewig dankbaar wees, vir die feit dat hulle my hierdie eenmalige geleentheid gegee het. Ek hoop om my land trots te maak en vir die res van die wêreld te wys waaruit Suid-Afrikaners bestaan, net soos al die vroue wat voor my gekom het, so goed gevaar het! ”

Leave A Reply

Your email address will not be published.