Vandalisme steek kop uit by pompstasie

"Die Garagoep pompstasie, wat bo-op die koppie in Nababeep geleë is, word gereeld ingebreek en die kabels word afgesny."

0

Radio Nfm Nus het met kommer verneem van die vandalisme wat plaasvind by een van die water pompstasies in die Nama-Khoi regsgebied.

Die water kwessie in die Nama-Khoi area het baie huishoudings vir ‘n tyd sonder water gelaat, die goeie nuus is dat die 4 pompe 100% in werking is.

Daar is wel ‘n groot kommer wat sy kop uitsteek en dit is die vandalisering van die pompstasie wat water voorsien aan Nababeep, Kleinzee en Bulletrap.

Die Garagoep pompstasie, wat bo-op die koppie in Nababeep geleë is, word gereeld ingebreek en die kabels word afgesny.

Gemeenskappe in en rondom Nababeep word gevra om op die uitkyk te wees vir enige ongeruimdhede aangaande die pompstasie en eienaarskap te vat van diè stasie.

Drie jaar gelede was die pompstasie volkome herstel, net om deur vandalistiese aksies vernietig te word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.