Vedanta Zinc Internasionaal ondersteun regering se KOVID-19-inentingsprogram

"As gevolg hiervan het die distriksdepartement van gesondheid meer as 450 mense tydens beide inentingsveldtogte ingeënt."

0

Vedanta Zinc Internasional, ter ondersteuning van die Noord-Kaap departement van gesondheid, was gasheer vir twee massa KOVID-19-inentings op die Aggeneys-myndorp in die Khai Ma-distrik, Noord-Kaap.

Die eerste massa-inentingsveldtog was op Mandeladag gevier, gevolg deur ‘n opvolgrit van drie dae om ‘n groter uitreik te verseker.

Werknemers van die myngroep  wat in aanmerking kom vir die inenting, het hul gesinne en lede van die gemeenskap gemobiliseer om die inenting te kry.

As gevolg hiervan het die distriksdepartement van gesondheid meer as 450 mense tydens beide inentingsveldtogte ingeënt.

Die sukses van die mass-inentingsaksie dra by tot Suid-Afrika se inentingsstatistieke.

Volgens die jongste regeringsyfers het meer as 5,5 miljoen Suid-Afrikaners minstens een dosis ontvang, met 1,69 miljoen wat volledig ingeënt was.

“Dankie aan almal wat ingeënt is; julle toon ‘n goeie voorbeeld,” sê die speaker van die Namakwa -distriksmunisipaliteit, Gillian Pieters en distriksbestuurder van die departement van gesondheid, Daniël Grootboom.

“Ons mense is ons kernkrag en ons waardevolste bates daarom bly die welsyn en veiligheid van ons werknemers en sakevennote die belangrikste in hierdie ongekende tye,” sê Pieter van Greunen, hoofbestuurder van Gamsberg.

“Vedanta Zinc International sal die regering steeds ondersteun om te verseker dat die maksimum inentingsvermoë by ons bedrywighede bereik word. Die KOVID-19-inenting is ons belangrikste hulpmiddel om die pandemie te stop en ons moedig almal aan wat in aanmerking kom om te registreer en ingeënt te word vir die veiligheid van alle Suid -Afrikaners,” sluit Pieter van Greunen af.

Leave A Reply

Your email address will not be published.