Vedanta Zinc International bring verligting met die skenking van weggooibare doeke

"Donasies en ‘n bedrag van R15 000.00 word tans  ingesamel vir logistieke hulp vir  o.a: brandstof, akkommodasie, verversings en volwasse weggooibare doeke."

0

Vedanta Zinc International het onlangs ‘n skenking van volwasse weggooibare doeke aan die Namakwa Gestremde Organisasie gedoen.

Dit was in samewerking met die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhede Suid- Afrika en Radio Nfm 98.1 .

Hierdie  weggooibare doeke dien as skenking aan begunstigdes ondermeer aan kinders en persone met gestremdhede.

Die skenking  is vir  die verspreiding in die Kammiesbergestreek wat per handfiets deur Brunhild Strauss, self ‘n parapleeg, afgelewer sal word met sy Namakwa Disability Awareness-veldtog in die breë Namakwaland.

Hierdie  veldtog sal binnekort begin, vertel Strauss wat baanbrekerswerk al gedoen het vir mense met gestremdhede.

Donasies en ‘n bedrag van R15 000.00 word tans  ingesamel vir logistieke hulp vir  o.a: brandstof, akkommodasie, verversings en volwasse weggooibare doeke.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.