Vedanta Zinc International skei paaie saam met Aveng Moolmans

"Ná maande lange onderhandelinge en oorlegpleging het VZI die besluit geneem om paaie te skei met Aveng Moolmans."

0

Op Dinsdag, 23 November 2021, het Vedanta Zinc International (VZI) aangekondig dat die mynmaatsakppy ‘n vriendskaplike skeiding met een van sy sakevennote, Aveng Moolmans gaan doen.

Ná maande lange onderhandelinge en oorlegpleging het VZI die besluit geneem om paaie te skei met Aveng Moolmans.

Die rede daarvoor is dat ‘n kommersiële ooreenkoms tussen beide partye die hantering van die verminderde tonnemaat, wat nie bereik kon word nie.

“Ons het hierdie besluit geneem om die myn te bewaar, ontelbare werksgeleenthede, en die bestaan van ons gemeenskappe,” het Laxman Shekhawat, VZI-hoof van Besigheid gesê.

Die besluit om paaie te skei sal ‘n aantal werksverliese vir Aveng Moolmans se werknemers tot gevolg hê.

In die lig van hierdie besluit is dit belangrik om daarop te let dat VZI-werknemers se werk en lewensbestaan sal nie geraak word nie.

Shekhawat sê VZI is daartoe verbind om soveel poste as moontlik te behou.

“Ek wil graag al die Aveng Moolmans-bestuurspan en hul werknemers bedank vir hul bydraes tot die maatskappy en hiervoor is ons dankbaar. Ons verstaan dat hierdie besluit baie lewens sal ontwrig. Ons prioriteit is die behoud van soveel werk as moontlik. As gevolg hiervan het ons ‘n streng proses van identifisering van vakatures oor al ons bedrywighede en oor ons sakevennote heen om te verseker dat ons verminder die impak,” het Shekhawat gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.