Veeboere dankbaar vir die besoek van Steinkopf SAPD

"Afgeleë plase, wat so vêr as 50km in die Vaalheuwel en Nigramoep-area geleë is, is deur die plaaslike polisie besoek."

0

Kaptein Jakobus Frans, die  stasiebevelvoerder van die SAPD in Steinkopf,  het ‘n griefskrif vanaf  verskeie veeboere ontvang.

Nadat die griefskrif ontvang was, was daar daadwerklik aandag aan dit gegee.

Die inhoud van die griefskrif handel oor die gebeure op plase waar plaashuise en veeposte ingebreek word en kos en noodsaaklike goedere gesteel word asook veediefstal in die omgewing.

Die Steinkopf SAPD se hoof van Sigbare Polisiëring, Adjudant-Offisier CJ Cloete het met haar verskeie skofbevelvoerders ‘n vergadering gehad oor die inhoud van die griewe van die veeboere.

Alhoewel die Steinkopf SAPD  groot uitdagings het met mannekragtekort en voertuie het hulle daadwerklik aandag gegee aan die bepalings van die griefskrif.

Donderdag, 12 Augustus, het Sersant van Wyk en Konstabel Douries met hul eerste plaaspatrollie begin, nadat Hondeklipbaai SAPD vir Steinkopf SAPD ‘n voertuig beskikbaar gestel het.

Afgeleë plase, wat so vêr as 50km in die Vaalheuwel en Nigramoep-area geleë is, is deur die plaaslike polisie besoek.

Die lede moes verskeie onbegaanbare grondpaaie aandurf om plase te besoek.

‘n Plaasboer van Komaggas teen Nigramoep, Mnr. Jannie du Toit, was baie opgewonde om die beamptes van die Steinkopf SAPD op sy plaas te ontvang.

Die lede was trakteer met warm koffie en tuis gemaakte beskuit.

Die voertuigregister het 700km aangetoon en 60 plase was bereik deur die twee polisiebeamptes.

Veeboere was baie opgewonde en het  meer gereelde sigbare patrollies aangevra.

Adjudant Cloete het meegedeel dat daar beplan word plaas meer gereeld te besoek in die vêr afgeleë areas van  Steinkopf SAPD se stasiewyk.

Leave A Reply

Your email address will not be published.