Veiligheid van kinders hoogste prioriteit tydens nasionale Kinderbeskermingsweek

"Die uitreik  was op verskeie dorpe oa: Okiep en Bulletrap en sal verder uitbrei na Nababeep en Concordia."

0

Kinders is die toekoms, daarom is dit die gemeenskap se plig om toe sien dat hulle beskerm word om verantwoordelike volwassenes te word wat op hul beurt na húl kinders en hul toekoms omsien.

Gemeenskappe moet saamwerk om ‘n kultuur van omgee, respek en veiligheid op te bou vir almal in gesinne, skole, jeugorganisasies, godsdiensinstellings, maatskappye en ander groepe.

Alle mense sowel as organisasies moet weet hoe om toesig te hou oor die veiligheid van kinders in hul sorg en hoe om mishandeling, afknouery, teistering en ander gevaarlike gedrag te stop.

In Suid-Afrika word Nasionale Kinderbeskermingsweek (27 Mei tot 3 Junie) jaarliks herdenk om bewusmaking van kinders se regte, soos uiteengesit in die Wet op Kinderbeskerming, te kweek.

Tydens die kinderbeskermingsweek het die SAPD op Nababeep in samewerking met lede van die Gemeenskapspolisieforum, Mnre. Dennis Coetzee en Tommy Cloete kosblikke uitgedeel aan dagsorgsentrums en kleuterskole.

Die uitreik  was op verskeie dorpe oa: Okiep en Bulletrap en sal verder uitbrei na Nababeep en Concordia.

Dit het gepaard gegaan met ‘n bewusmaking oor veiligheidswenke vir kinders.

Leave A Reply

Your email address will not be published.