Namakwa Distriksmunisipaliteit is verheug om aan te kondig dat die veldbrand wat gistermiddag in Nieuwoudtville, binne die Hantam Plaaslike Munisipaliteit, uitgebreek het, suksesvol geblus is.

Die Namakwa Distriksmunisipaliteit wil graag sy diepste dank uitspreek aan almal wat betrokke was by hierdie gesamentlike poging.

Die personeel, saam met die Rampbestuurseenheid en Brandweerdienste van die plaaslike munisipaliteite, het onverpoosd gewerk om die brand te beheer, ten spyte van uitdagende weersomstandighede.

“Ons is ook baie dankbaar vir die waardevolle hulp wat deur die Wes-Kaapse regering gelewer is. ‘n Spesiale dank aan die plaaslike gemeenskapslede en vrywilligers wie onwankelbare ondersteuning en toewyding ‘n kritieke rol gespeel het om die situasie onder beheer te kry,” het die Namakwa Distriksmunisipaliteit gesê.

Hulle gesamentlike pogings illustreer die gees van eenheid en veerkragtigheid binne die gemeenskap.

“Laat ons voortgaan om saam te werk om ons omgewing te beskerm en die veiligheid en welsyn van alle inwoners te verseker.”

Written by:

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *