Verbruikers word gewaarsku teen “Black Friday”

0

Die COVID-19-pandemie het verliese aan inkomste, afleggings en salaris-verlagings vir sommige verbruikers tot gecolg gehad, en ook finansiële druk geplaas op reeds finansieel-benadeelde huishoudings en/of individue.

Die effek van die bogenoemde faktore is dat verbruikers waarskynlik sal sukkel om hul huidige finansiële verpligtinge na te kom, sê Anne-Carien Du Plooy, waarnemende bestuurder van onderwys en kommunikasie by die Nasionale Kredietreguleerder (NCR).

Sommige verbruikers sien uit na die komende “Black Friday” -aanbiedings en winskopies.

Sekere kleinhandelaars het reeds aangekondig dat vanjaar se “Black Friday” -aanbiedings vroeër sal begin, sê Du Plooy.

In hierdie moeilike ekonomiese tye word verbruikers gewaarsku om dit te vermy, en om eerder nie deel te neem aan vanjaar se “Black Friday”, as hulle nie behoorlik daarvoor beplan of begroot het nie.

“Hulle moet eerder spaar en hul geld gebruik vir noodgevalle.”

Verbruikers word verder aangeraai om nie van krediet gebruik te maak nie, veral op “BLack Friday”, aangesien kredietgebruik nie ‘n besparingsmetode is nie.

In plaas daarvan sal verbruikers meer betaal as gevolg van die toevoeging van rente en ander fooie soos maandelikse diensfooie, eenmalige aanvangsgelde, kredietlewensversekering, voeg Du Plooy by.

Du Plooy waarsku dat die versuim om krediet terug te betaal, negatiewe en nadelige gevolge vir verbruikers na vore bring.

Verbruikers kan negatief by die kredietburo’s gelys word en/of deurloop onder regstappe, wat deur kredietverskaffers geneem word, om uitstaande kapitaal te verhaal.

Alhoewel “Black Friday” voordelig vir sommige verbruikers kan wees, kan dit ook finansiele spanning vir verbruikers teweeg bring, wat deelneem sonder behoorlike begroting en beplanning.

‘n Begroting is ‘n kardinale belangrike hulpmiddel wat verbruikers baie kan bystaan met hul finansiële keuses.

Foto: Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes.

Hier volg ‘n paar nuttige wenke vir verbruikers op “Black Friday”:

  • Stel ‘n realistiese begroting op wat u kan bekostig om te spandeer en hou daarby;
  • Beplan en stel ‘n lys op van wat u benodig;
  • Gaan die items en pryse voor Vrydag deur, en vergelyk die pryse om te verseker dat u ‘n beter ooreenkoms kry;
  • Vermy die koop van voedsel op krediet;
  • Vermy die gebruik van ongeregistreerde kredietverskaffers om vinnige lenings te kry, aangesien u duur daarvoor sal betaal;
Foto: Verskaf

Oor die nasionale kredietreguleerder

Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) is ingestel ingevolge die Nasionale Kredietwet, 34 van 2005 (NCA) en is verantwoordelik vir die regulering van die Suid-Afrikaanse kredietbedryf.

Die NKR is verpligtend met die registrasie van kredietverskaffers, kredietburo’s, skuldberaders, agentskappe vir die verspreiding van betaling en alternatiewe agentskappe vir die oplossing van geskille; en hul gedrag te monitor in ooreenstemming met die Nasionale Kredietwet soos gewysig.

Die Nasionale Kredietreguleerder bied opvoeding en beskerming aan krediteure, in bevordering van ‘n Suid-Afrikaanse kredietmark wat billik, deursigtig, toeganklik en dinamies is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.