Verdagte agter trallies vir die besit van onwettige produkte

"Tydens die soektog is onwettige produkte, waaronder tabak, bakpoeiers en roll-ons, teruggevind is."

0

‘n Verdagte (36) sal na verwagting op Maandag 26 Julie 2021 in die landdroshof in Kimberley verskyn omdat hy (na bewering) in besit van onwettige produkte gevind is.

Die verdagte is Vrydag in hegtenis geneem nadat inligting opgevolg was oor onwettige produkte wat van Kimberley na Upington vervoer sou word.

Die woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi, het bevestig dat ‘n geïntegreerde polisie-operasie uitgevoer was deur ‘n span wat bestaan het uit die handelsmisdaadondersoekeenheid vir ernstige misdade, Plaaslike Kriminele Rekordsentrum en lede van die sigbare polisie in Kimberley (Vispol)wat gelei het tot die inhegtenisneming van die verdagte.

Die voertuig was gestop en deursoek.

Tydens die soektog is onwettige produkte, waaronder tabak, bakpoeiers en roll-ons, teruggevind is.

Leave A Reply

Your email address will not be published.