Verdagte gearresteer vir die beskadiging van ‘n OTM

“Die skade aan die OTM-masjien word op R70 000-00 geraam. Die lede het die kringtelevisiebeeldmateriaal bekyk en die verdagte is positief deur AO. Eiman geïdentifiseer,” het Kolonel Gamieldien gesê.

0

Die meedoënlose optrede van Kathu-misdaadvoorkomingsgroep 2-lede onder bevel van Adjudant-Offisier Ben Eiman om misdaad hok te slaan, het  op 17 November 2021 om 19:30 nog ‘n sukses opgelewer.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kolonel Mashay Gamieldien het bevestig dat volgens inligting het die lede ‘n klag van die bankbestuurder van ABSA in Kathu opgevolg van ‘n OTM wat gisteraand omstreeks 24:00 beskadig is, toe ‘n onbekende man ‘n baksteen na die skerm gegooi het en die OTM beskadig het.

“Die skade aan die OTM-masjien word op R70 000-00 geraam. Die lede het die kringtelevisiebeeldmateriaal bekyk en die verdagte is positief deur AO. Eiman geïdentifiseer,” het Kolonel Gamieldien gesê.

Die lede het na die verdagte gaan soek en hom in Rietbokstraat gevind.

Sersant Eiman het die verdagte vir opsetlike saakbeskadiging gearresteer en aangekla.

Kolonel Gamieldien het gesê dat die 32-jarige manlike verdagte sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn.

Die polisie sal onverpoos voortgaan om alle kriminele aktiwiteite in hierdie tydperk hok te slaan.

Leave A Reply

Your email address will not be published.