Verdagte geboei toe hy in besit was van dagga

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD
Die polisie op Olifantshoek tesame met die honde-eenheid het inligting opgevolg en ‘n beweerde dwelmhandelaar in hegtenis geneem.
‘n Woorvoerder vir die polisie, Luitenant-kolonel Sergio Kock het bevestig dat die polisie op 11 Februarie 2022 omstreeks 09:00 op ‘n huis in Skerpdraai, Olifantshoek toegeslaan het.
“Die polisie het na ‘n intense deursoekingsproses beslag gelê op 25 daggasakkies, 78 daggastuitjies en ‘n onbekende bedrag kontant.”
Die 44-jarige man sal binnekort in die hof verskyn op klagtes van dwelmhandel.
Die ondersoek duur voort.