Verdagte in Groot Mier bly agter tralies

"Anelda Plaatjies is op 12 Mei 2020 wreed doodgeslaan met 'n beweerde stomp voorwerp by die huis van die verdagtes in Groot Mier naby Rietfontein."

0

Die rustige gemeenskap van Groot Mier was onlangs geruk deur ‘n wrede moord.

Anelda Plaatjies is op 12 Mei 2020 wreed doodgeslaan met ‘n beweerde stomp voorwerp by die huis van die verdagtes in Groot Mier naby Rietfontein.

Die drie verdagtes is op 12 Mei 2021 in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Kapt Sergio Kock, bevestig dat op 14 September 2021 het die beskuldigde aansoek gedoen om borgtog in die Upington-streekhof wat die polisie suksesvol teëgestaan het, omdat daar beweer word dat dit ‘n groot bedreiging vir die veiligheid van getuies, die publiek en hulself inhou.

“Die hoof van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in die Noord-Kaap, Brigadier Nicky Mills, het Sersant Jam Tires en mevrou Madelyn de Kock van die provinsiale ondersoekeenheid geprys vir hul spanpoging teen die borgtog. Dit verseker dat die beskuldigdes bly agter tralies, aangesien misdade teen vroue en kinders ‘n nasionale prioriteit is, soos verklaar deur ons staatspresident, mnr Cyril Ramaphosa, “het Mills gesê.”

Leave A Reply

Your email address will not be published.