Verdagte in hegtenis vir die omkoop van ‘n immigrasie amptenaar

"Misdaad betaal nie!"

0

‘n 36 Jarige verdagte sal na verwagting vandag in die landdroshof in Kimberley  verskyn op klagtes van beweerde korrupsie.

Die verdagte is Dinsdag 1 Junie 2021 deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige korrupsie inhegtenis geneem ná ‘n wenk om ‘n immigrasie beampte om te koop.

Die woordvoerder van die Valke, Nomthandazo Mnisi, het gesê die verdagte het na bewering die amptenaar genader en ‘n bedrag van R2000 aangebied vir die vrylating van sy susterskind wat in hegtenis geneem is omdat sy onwettig in die land was.

Hy was inhegtenis geneem kort nadat hy die R2000 aan die amptenaar oorhandig het.

Hierdie flinke optrede van die Valke as spesiale eenheid in die Suid-Afikaanse Polisiediens het weereens bewys dat misdadigers sal een of ander tyd aan die kortste end trek.

Misdaad betaal nie!

Leave A Reply

Your email address will not be published.