Verdagte op aanklag van dwelms voor hof verskyn

 Verdagte op aanklag van dwelms voor hof verskyn

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

’n 33-jarige man sal na verwagting Donderdag, 24 Februarie 2022, in die Pampierstad-landdroshof verskyn.

Die verskyning gaan wees op ‘n aanklag van handel in dwelms.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat op Woensdag, 23 Februarie 2022 het die stasiebevelvoerder van die Pampierstad-polisiestasie, Luitenant-Kolonel Selebilekgosi Morebodi, lede onder sy bevel geaktiveer nadat hy inligting oor dwelmhandelaktiwiteite by ‘n huis in Medupistraat, Pampierstad, ontvang het.

“Die verdagte se woning is deursoek en crystal meth (TIK)  met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R7 000 is gevind en daar is beslag gelê op kontant ter waarde van R25 000 wat glo die opbrengs van dwelmhandel is,” het Tawana gesê.

Die stasiebevelvoerder van Pampierstad, Luitenant-Kolonel Selebilekgosi Morebodi het lede kommentaar gelewer omdat hulle stiptelik op intelligensie opgetree het, wat gelei het tot die arrestasie van die verdagte. 

Bernadine Hearn

Related post