Verdagte vas vir die besit van bedreigde plantspesies

 Verdagte vas vir die besit van bedreigde plantspesies

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Die Springbok Veediefstal en Bedreigde Spesies-eenheid, Springbok Hoofwegpatrollie en Provinsiale SAPD Korporatiewe Kommunikasie het ‘n Voertuigkontrolepunt (VCP) op die N14 tussen Pofadder en Springbok uitgevoer.

Polisiewoordvoerder, Luitenant-Kolonel Sergio Kock het bevestig dat hierdie polisie-optrede het daartoe gelei tot die arrestasie van ‘n 35-jarige manlike verdagte vir die onwettige besit en vervoer van beskermde plante.

Die ontwrigtende optrede is op Dinsdag, 1 Februarie 2022 omstreeks 23:00 uitgever en het gelei tot die konfiskering van 5 579 Conophytum-plante.

“Die verdagte was vanaf Pofadder op pad na Springbok en het na bewering ‘n swart sak met die beskermde plante uit die voertuig gegooi voordat hy deur SAPD-lede van die pad afgetrek was. Hy is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn,” het Kock gesê.

Die waarnemende Distriksbevelvoerder vir Namakwa, Kolonel Schalk Andrews het die span geloof vir hul waaksaamheid en vasberadenheid om die onwettige stropery van beskermde plante aan te spreek.

SAPD sal voortgaan met die bystand en samewerking van eksterne rolspelers en die gemeenskap, om die inheemse Fauna en Flora van die Namakwa-gebied te beskerm. 

Bernadine Hearn

Related post