Verdagte vas vir koperkabeldiefstal

 Verdagte vas vir koperkabeldiefstal

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Lede van Deben SAPD naamlik, Adjudant-Offisier Kabelo Dikgetsi en Konstabel Vusimusi Booysen het Maandag, 21 Februarie 2022 omstreeks 12:45 ‘n 21-jarige man gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde koperkabels.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Mosimaneotsile Letsapa, het bevestig luidens die berig het gemeenskapslede die verdagte gesien bo-op ‘n Eskom-paal wat koperkabel in Riemvasmaak-afdeling sny.

Hy is aangehou totdat die polisie opgedaag het.

Nadat hy versuim het om dokumente voor te lê wat regmatige eienaarskap bewys, is hy gearresteer.

Die verdagte sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn op aanklag van besit van vermoedelik gesteelde eiendom

Bernadine Hearn

Related post