Verdagte vas wat hof minag

“Hy kon nie geskeduleerde hofverskynings bywoon nie, wat daartoe gelei het dat 'n lasbrief vir inhegtenisneming deur die Campbell-landdroshof uitgereik is.”

0

’n Gesoekte verdagte is in hegtenis geneem nadat hy op borgtog uit is en versuim het om die verhoor by te woon.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Sergio Kock, sê Byron Hoogstander is in 2018 in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van ‘n 70 jarige vrou.

Hoogstander het toe in 2019 borgtog gekry.

“Hy het nie geskeduleerde hofverskynings bygewoon nie, wat daartoe gelei het dat ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming deur die Campbell-landdroshof uitgereik is,” sê Kock.

Nadat inligting opgevolg is, is Hoogstander op Campbell opgespoor en in hegtenis geneem.

Hoogstander sal na verwagting binnekort in die landdroshof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.