Verdagte vasgetrek met dwelms

"Die verdagte verskyn binnekort in die landdroshof in Kakamas op aanklag van dwelmhandel."

0

Die waaksaamheid van Adjudant-Offisier Johny Basson en Sersant Chabalala van die Kakamas -polisiekantoor op 04 Augustus 2021 het gelei tot die inhegtenisneming van ‘n 34 -jarige man.

Hulle het beslag gelê op Tik en ‘n voertuig was ook gekonfiskeer.

Kaptein Prins, ‘n polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap het bevestig dat die lede ‘n voertuig opgemerk het langs die N14 buite Kakamas en het nader gestap.

Die bestuurder het baie senuweeagtig voorgekom toe die beamptes die voertuig genader het.

Hy het opdrag gekry om uit die voertuig te klim, maar het weggehardloop.

“Die lede het hom gejaag en gevang en gevind dat hy in besit was van ‘n wit plastieksak. Binne-in die plastieksak het hulle 439, 17 gram Tik gevind met ‘n geskatte straatwaarde van R78 700-00”, het Prins gesê.

Die verdagte verskyn binnekort in die landdroshof in Kakamas op aanklag van dwelmhandel.

Brig. Johnny Besnaar, waarnemende distriksbevelvoerder van die ZF Mgcawu-distrik, het die lede geprys vir hul waaksaamheid en pogings om dwelms uit die straat uit te wis.

Leave A Reply

Your email address will not be published.