Verdagte vasgetrek met ‘n ongelisensiëerde vuurwapen

"Die polisie in die  Noord-Kaap het 'n man wat in besit was van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie suksesvol aangekeer."

0

Die polisie in die  Noord-Kaap het ‘n man wat in besit was van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie suksesvol aangekeer.

Volgens die  polisiewoordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens , Omphile Masegela, was lede van die Upington Openbare Orde Polisie  (OOP) op Sondag 3 Oktober 2021 aan diens, toe hulle inligting ontvang het oor ‘n man wat rondloop en mense met ‘n vuurwapen dreig.

Masegela sê die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur en die verdagte is in Paballelo in die Noord -Kaap gearresteer.

Sy sê ‘n deeglike soektog is in die verdagte se voertuig uitgevoer en ‘n pistool en ammunisie is in sy besit gevind.

Masegela sê die 43-jarige sal in die hof verskyn op aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Leave A Reply

Your email address will not be published.