Verdagte vra “lift” by SAPD na gru-moord

"Die 32-jarige verdagte, wat in 'n verhouding met die oorledene was, is daarna weens moord in hegtenis geneem."

0

Sondagaand 15 Augustus 2021 het Sersant Essie Esterhuyse, die ondersoekebampte op bystand by die Kakamaspolisiekantoor ‘n verslag ontvang om ‘n moordtoneel by die Dassiesrand Compound in Kakamas by te woon.

‘n Polisiewoordvoerder, Kaptein Prins, het bevestig dat Sers Esterhuyse wat op pad was na die misdaadtoneel genader was deur ‘n onbekende man wat agterop die bakkie gespring het, vermoedelik ‘n saamrygeleentheid  gesoek het.

Sersant Esterhuyse het in plaas daarvan besluit om na die polisiestasie te ry om ‘n onderhoud met die onbekende man te voer.

“Terwyl hy hom na die gemeenskapsdienssentrum vergesel het, het hy bloed op die man se broek opgemerk en kollegas versoek om die man fyn dop te hou en hom nie uit hul oë te laat terwyl hy na die moordtoneel kyk nie. Op die moordtoneel is die lyk van ‘n vrou van twintig jaar gevind wat in die veld tussen die Compound en die afdraai na die hoofweg gelê het. Die oorledene is na bewering met ‘n skerp voorwerp gesteek en doodgeslaan” het Prins gesê.

Op die toneel het sers. Esterhuyse, na ‘n ondervraging met getuies, vasgestel dat die man wat hy by die stasie gelos het om te ondervra, positief met die moord verbind was.

Die 32-jarige verdagte, wat in ‘n verhouding met die oorledene was, is daarna weens moord in hegtenis geneem.

Die waarnemende distrikskommissaris van die ZFM-distrik, Brigadier Johny Besnaar het sers. Esterhuyse geprys vir sy paraatheid en skerp ondersoekendvaardighede wat gelei het tot die aanhouding en inhegtenisneming van die verdagte.

Leave A Reply

Your email address will not be published.