Verdagtes gesoek vir bedrog by die Kareeberg munisipaliteit

"‘n Valke woordvoerder in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi, het bevestig die Raubex Group LTD het 'n kontrak met die Kareeberg -munisipaliteit in Carnarvon gehad."

0

Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke nodig die publiek se hulp om Thandiwe Neki Tladi (26) en Andiswe Nebulan (24) op te spoor wat kan help met die ondersoek van bedrog en vervalsing.

‘n Valke woordvoerder in die Noord-Kaap, Nomthandazo Mnisi, het bevestig die Raubex Group LTD het ‘n kontrak met die Kareeberg-munisipaliteit in Carnarvon gehad.

Volgense die ondersoekverslag het die munisipaliteit gedurende 2018 ‘n e-pos ontvang  wat vermoedelik deur Raubex Group gestuur is met nuwe ondersoekverslag waarvan meer as R700 000 betaal is.

 

Daar word verder beweer dat die Raubex-groep navraag oor hul geld gedoen het, maar slegs om uit te vind dat dit reeds inbetaal is.

“ ’n Intensiewe ondersoek deur die ondersoekspan van ernstige kommersiële misdade het aan die lig gebring dat albei verdagtes die bankrekening van die Raubex-groep onwettig in hul eie rekening verander het,” het Mnisi gesê.

Enigiemand met inligting moet die Valke se ondersoekbeampte, Kaptein Motsamai Mthombeni, kontak by 071 481 3390 die polisie se Stop Misdaad – nommer 0860010111.

Alle inligting word streng vertroulik gehou.

Leave A Reply

Your email address will not be published.