Verdagtes opgespoor wat nie hof bywoon nie

"Verskeie verdagtes was gesoek deur die polisie in verband met klagtes van  gesinsgeweld."

0

Verskeie verdagtes was gesoek deur die polisie in verband met klagtes van gesinsgeweld.

Ondersoekbeamptes betrokke by die Barkly-Wes SAPD onder bevel van kaptein Brandt het verdagtes opgespoor en inhegtenis geneem  vir verskeie misdade.

“Die verdagtes het die gegewe datums ontduik om voor die landdroshof in Barkly-Wes te verskyn nadat hulle op borgtog vrygelaat is. Hulle was op die lys van gesoektes vir verskeie misdade wat wissel van roof, diefstal, bestuur onder die invloed van alkohol, diefstal uit ‘n motorvoertuig, huisbraak, oortreding van beskermingsbevel, die besit van dwelms, aanranding met die doel om ernstig te beseer, winkeldiefstal en aanranding algemeen,” het polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap Kaptein, Olebogeng Tawana gesê.

Die verdagtes tussen 19 en 40 jaar oud is opgespoor en in hegtenis geneem in die vroeë oggendure van Dinsdag, 31 Augustus 2021 in Barkly-Wes.

Tawana het bygevoeg en gesê dat die arrestasies van die verdagtes het saamgeval met misdaadvoorkomingsoperasies wat daarop gemik was om geslagsgebaseerde geweld tot die minimum te beperk.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Barkly-Wes-landdroshof verskyn.

Die ondersoekbeamptes van Barkly-Wes word geprys vir pogings om misdadigers voor die regbank te bring, veral diegene wat geslagsgebaseerde misdrywe pleeg.

Leave A Reply

Your email address will not be published.