Verdagtes vas vir veediefstal

"Die genoemde voertuig is deur die polisie gevind en die drie manlike insittendes wat 7 skape vervoer het kon nie bewys van eienaarskap lewer nie."

0

Lede van Upington Misdaadvoorkoming en Landelike Veiligheid het in die vroeë oggendure van Maandag, 8 November 2021 inligting ontvang oor ‘n bakkie met vermoedelik gesteelde vee.

‘n Polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, Sersant Omphile Masegela,  het bevestig dat die inligting wat ontvang is, in samewerking met lede van Upington Veediefstal- en Bedreigde Spesie-eenheid geoperasionaliseer.

Die genoemde voertuig is deur die polisie gevind en die drie manlike insittendes wat 7 skape vervoer het kon nie bewys van eienaarskap lewer nie.

“’n Voorlopige ondersoek het gelei tot die eienaar van die skape wat hulle positief uitgeken het deur middel van hul tatoeëermerke. Daar is beslag gelê op die bakkie wat in die pleging van misdaad gebruik is en die skape se waarde is R14 000,” het sersant Masagela gesê.

Die drie verdagtes van 17, 21 en 29 sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Leave A Reply

Your email address will not be published.