Verdagtes vasgekeer vir die besit van gesteelde goedere

 Verdagtes vasgekeer vir die besit van gesteelde goedere

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD

Op Vrydag, 18 Februarie 2022 tussen 15:00 en 16:00 het Deben SAPD-lede twee mans van 18 en 40 jaar oud in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Kaptein Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordvoerder het bevestig dat Sersant Kevin Olyn en Konstabel Nonofo Chiri was besig met stop en visentering by Soweto-afdeling.

Terwyl hulle een verdagte deursoek het, het hulle gevind dat hy in besit was van ‘n vermoedelik gesteelde grinder en ‘n paar minute later, terwyl hulle in dieselfde afdeling gevind het dat die ander verdagte in besit was van vermoedelik ‘n gesteelde skootrekenaar.

“Albei verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle nie bewys van eienaarskap aan die beamptes kon lewer nie. Albei verdagtes sal in die Kathu landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere,” het Letsapa gesê.

Die waarnemende distriksbevelvoerder van JTG, Brigadier Johnny Besnaar het AO Olyn en Kst. Chiri geprys vir hul toewyding om misdaad te bekamp.

Brigadier Besnaar het aangedui dat die SAPD sal voortgaan om met stop en deursoekings te begin.

Bernadine Hearn

Related post