Verdagtes verskyn in hof

"Die sersant en konstabel is vroeër die oggend van Maandag 20 September  deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan in hegtenis geneem met die hulp van die Taktiese reaksie span en Misdaadintelligensie."

0

Twee polisielede van 37 en 31 jaar verbonde aan Kuruman-misdaadvoorkomingseenheid sal na verwagting op Dinsdag, 21 September 2021, voor die hof verskyn op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en ontvoering.

Die sersant en konstabel is vroeër die oggend van Maandag 20 September  deur die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan in hegtenis geneem met die hulp van die Taktiese reaksie span en Misdaadintelligensie.

‘n Valke woordvoerder, Luitenant-Kolonel Philani Nkwalase het bevestig dat die amptenare betrokke is by ‘n sindikaat wat na bewering tussen Julie en Augustus 2020 motoriste kontant, selfone en ander waardevolle items by die N14 naby Kuruman beroof het.

“Die saak is in Augustus 2020 na die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad-ondersoekspan verwys nadat klagtes by die plaaslike polisiekantoor aangemeld is. Die Valke bewys dat die vermeende oortreders lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens was,” het Luitenant -kolonel Nkwalase gesê.

Tydens hul arrestasie gisteroggend is beslag gelê op ‘n wit Volkswagen Polo, wat na bewering gebruik was in die pleeg van die verskeie misdade.

Leave A Reply

Your email address will not be published.