Verkiesingsdebat op Radio NFM

"Die Debat-tyd is tussen18:00 en 20:00 by die Okiep Rec Club en sitplekke moet ingeneem word vanaf 17:30."

0

Radio Nfm 98.1 bied ‘n Oop politieke debat aan op Woensdag, 27 Oktober 2021.

Die Debat-tyd is tussen18:00 en 20:00 by die Okiep Rec Club en sitplekke moet ingeneem word vanaf 17:30.

Alle politieke partye en onafhanklike kandidate word uitgenooi om deel te neem aan die oop gesprek om hulle onderskeie manifesto’s en strategieë van die betrokke politieke partye en onafhanklike kandidate bekend te stel.

Politieke partye mag ook 10 ondersteuners van hulle party saam nooi.

Strenge KOVID-19- maatreëls sal gehandhaaf word.

Die ope debat sal ‘n regstreekse uitsendig wees eksklusief op Radio NFM met die oog op die komende verkiesing wat sal plaasvind op 1 November.

Politieke partye en onafhanklike kandidate wat nie ‘n amptelike uitnodiging ontvang het nie, kan kontak maak met Radio Nfm  by 027 744 1610.

Leave A Reply

Your email address will not be published.