Verkragter kry 25-jaar agter tralies

Kabelo Molumi is 25-jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting.

0

Kabelo Molumi (66) is verlede Vrydag, 29 Januarie tot 25-jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting.

Molumi is skuldig bevind nadat hy op 03 September 2019, ‘n 25-jarige vroulike slagoffer met ‘n gestremdheid verkrag het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kolonel Mashay Gamieldien het gesê dat die slagoffer se suster, vir haar en nog ‘n familielid na hul oom se woning gestuur het.

Die slagoffer en familielid was tussen 10:30 en 21:30 in die dorp Ditshoshowaneng.

Toe die twee nie by die huis aankom nie, het sy hulle gaan soek.

Die suster het daarna ‘n oproep gekry wat bevestig het dat haar suster in die beskuldigde se geselskap gesien was.

“Sy het na Molumi se huis gegaan en deur ‘n venster gesien hoe die beskuldigde besig was om haar suster te verkrag.”

Sy het die deur oopgedwing en haar suster van Molumi gered.

Die voorval is aangemeld en die verdagte is vinnig in hegtenis geneem.

Die beskuldigde is 25-jaar gevangenisstraf opgelê en ongeskik verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Sy naam is ook in die Nasionale Register vir Seksuele Misdrywe opgeteken.

Leave A Reply

Your email address will not be published.