Verkragter kry 25 jaar

"Luidens die ondersoekverslag het die slagoffer die deur oopgemaak en is sy met 'n vuurwapen sou sy nie die deur oopmaak nie."

0

Op Woensdag, 10 November 2021 het die Mothibistad-streekhof die 28-jarige Thato Jonas tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis en ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

A/O Mosimaneotsile Letsapa, polisiewoordervoerder in die Noord-Kaap, bevestig daar word berig dat Thato het in Oktober 2019 gedurende die aand na die 87-jarige slagoffer se huis by Mapoteng-dorpie buite Mothibistad gegaan en aan die deur geklop.

Luidens die ondersoekverslag het die slagoffer die deur oopgemaak en is sy met ‘n vuurwapen sou sy nie die deur oopmaak nie.

“Volgense bewerings het die verdagte aan die slagoffer gesê dat hy ‘n profeet is en gestuur is om seksuele omgang met haar te hê om haar probleme weg te neem. Die verdagte het die slagoffer met geweld ontklee en haar verkrag,” het A/O Letsapa gesê.

Die verdagte het daarna aan die slaap geraak en die slagoffer kon ontsnap.

Sy het na haar seun se woning gegaan en die voorval by die polisie aangemeld.

Die verdagte is op die toneel gearresteer en vir verkragting gearresteer.

A/O Letsapa het gesê dat die bevelvoerder van Kuruman FCS, (v)Kaptein Caren Nel het die ondersoekbeampte Kst. Jamine Mesilla Armstrong geloof vir haar toewyding en die passie waarmee sy die saak ondersoek het.

Die FCS Provinsiale Gead, Brigadier Nicky Mills het ook die departement van justisie en die NVG geloof wat nou saam met die polisie gewerk het om te verseker dat geregtigheid geskied.

Leave A Reply

Your email address will not be published.