Verkragter op Steinkopf in hegtenis geneem

0

Die Steinkopf-polisie het gister ’n 43-jarige man in hegtenis geneem vir ’n beweerde verkragting.

Daar word beweer dat die slagoffer gister na die beskuldigde se huis gegaan het, om geld te kry wat diè aan haar verskuldig was.

’n Woorvoerder vir die polisie, Luitenant Kolonel Dimakatso Mooi, het bevestig dat sy en die verdagte ’n argument gehad het, waar hy haar met ’n mes gedreig en daarna verkrag het.

“Die verdagte is vandag in hegtenis geneem, en sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

Leave A Reply

Your email address will not be published.