Verkragter sluip deur venster

0

‘n 28-jarige man sal na verwagting vandag, Dinsdag 21 September, in die Mothibistad-landdroshof op ‘n aanklag van verkragting verskyn.

Daar word beweer dat die verdagte op Maandag, 20 September, toegang tot die slagoffer se huis verkry en haar verkrag het.

’n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana, sê die slagoffer (31) het in haar slaapkamer geslaap toe die verdagte die venster gebreek het om toegang te kry.

Die slagoffer het om hulp geskree en haar ma het tot haar redding gekom.

Die verdagte het uit die slagoffer se kamer gevlug.

Hy is deur lede van Batlharos SAPD, Kuruman FCS en die provinsiale ondersoekeenheid in Matlhobolo-afdeling, Batlharos, opgespoor en in hegtenis geneem.

Leave A Reply

Your email address will not be published.