Verkragter tot tien jaar gevonnis

 Verkragter tot tien jaar gevonnis

Foto: Verskaf @Noord-Kaap SAPD Sersant Boikanyo Pilane

Ronnie Swartz is skuldig bevind en tot effektiewe tien jaar gevangenisstraf gevonnis.

Op 4 November 2018 het Ronnie sy neef se meisie in Kathu besoek en hy is aan die slagoffer voorgestel wat hy later gelok het om hom te vergesel om bier by die plaaslike taverne te koop.

Kaptein Olebogeng Tawana, polisiewoordvoerder het klem daarop gelê dat op die dag van die voorval het die beskuldigde ‘n motorvoertuig bestuur en die slagoffer het ingestem om hom te vergesel.

Op pad na die taverne het Ronnie die voertuig tot stilstand gebring, naby bosse waar hy die slagoffer op ‘n ongemaklike manier begin raak het en toe hy besef dat die slagoffer nie ten gunste van sy dade was nie, het hy haar met sy vuiste begin slaan om haar aan te rand en haar gevolglik verkrag.

Ná die aanranding en verkragtingsvoorval het Ronnie na die taverne gery en bier gekoop soos hy die slagoffer aanvanklik belowe het en by haar gepleit om niemand van die voorval te vertel nie.

“Die slagoffer het geweier en die verkragtingsvoorval aangemeld. Sy het haar familielede in kennis gestel, wat haar later na Kathu-polisiestasie geneem het om die saak aan te meld. Hy is op 5 November 2018 opgespoor en gearresteer,” het Tawana gesê.

Die ondersoekbeampte, Sersant Boikanyo Pilane het borgtog suksesvol teengestaan en die verdagte is in polisie-aanhouding gehou tot die afhandeling van die verhoor.

Op Vrydag, 18 Februarie 2022 het die Kathu-streekhof hom skuldig bevind en tien jaar direkte gevangenisstraf opgelê en is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Die Noord-Kaapse polisiebestuur het die vonnis verwelkom en die ondersoekbeampte, sers. Boikanyo Pilane, geloof vir sy uitstekende ondersoek werk.

Bernadine Hearn

Related post