Verkragter vas met danksy hulp van K-9 eenheid

"Die ondersoekbeampte het 'n soektog na die verdagte begin waar hy later op Saterdag, 30 Oktober 2021 met die lede van die K9-eenheid vir bystand geskakel het."

0

Lede van Upington K-9 het saam met hul honde opgedaag toe hul kundigheid deur die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe benodig was om ‘n verdagte in ‘n verkragtingsaak op te spoor.

Adjudant-Offisier Omphile Masegela, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder het bevestig dat  ’n vermeende verkragtingsaak op Vrydag, 29 Oktober 2021 deur ’n 55-jarige vrou in Groblershoop aangemeld was.

Die ondersoekbeampte het ‘n soektog na die verdagte begin waar hy later op Saterdag, 30 Oktober 2021 met die lede van die K9-eenheid vir bystand geskakel het.

“Die verdagte is opgespoor en met die hulp van die twee K9-honde Benya en Jordan in hegtenis geneem. Die 22-jarige manlike verdagte is in polisie-aanhouding en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn,” het Masegela gesê.

Die distriksbevelvoerder van ZF Mgcawu, Brigadier Johnny Besnaar het die uitstekende werk deur lede van FCS en K9-eenheid met hul honde toegejuig.

Leave A Reply

Your email address will not be published.