Verkragter word 12 jaar gevangenisstraf opgelê

"Borgtog was suksesvol teen gestaan en hy het tot sy vonnisoplegging agter tralies gebly."

0

Die lang arm van die gereg het daartoe gelei dat ‘n vermeende verkragter gevangenisstraf opgelê is.

Die streekhof in Springbok het op 31 Augustus 2021 vir Gerald Gouws (37) jaar tot 12 jaar gevangenisstraf opgelê vir die verkragting van ‘n sewejarige meisie.

‘n Polisie woordvoerder in die Noord-Kaap, Luitenat-Kolonel Dimakatso Sello, het bevestig  dit was op 28 September 2018  toe Gouws die dogtertjie van die plaaslike snoepie in Nababeep weg gerokkel het.

Hy het haar in ‘n kruiwa ingesleep en na die nabygeleë bosse geneem, waar hy haar verkrag het.

Die saak is by die polisie aangemeld en Gouws is in hegtenis geneem.

Borgtog was suksesvol teen gestaan en hy het tot sy vonnisoplegging agter tralies gebly.

“Brigadier Nicky Mills, provinsiale hoof vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), het die ondersoekbeampte, konstabel Mitchell Cloete, geprys vir die goeie werk wat gedoen is om te verseker dat geregtigheid geskied,” het Luitenant-Kolonel Sello gesê.

Leave A Reply

Your email address will not be published.