Verkragters gevonnis en agter tralies na amper 5jaar

“Hulle het die slagoffer gegryp en na 'n huis geneem waar hulle haar verkrag het. Die ma van die slagoffer kon die huis opspoor waar haar dogter seksueel aangerand is. Die verdagtes het egter deur 'n venster gevlug,” het kaptein Kock gesê.

0

Kagisho Bonolo Smous (23) en Kabo Moncho (24) is onlangs in die Mothibistad-landdroshof tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting.

Noord-Kaapse Polisiewoordvoerder, Kaptein Sergio Kock, het bevestig dat op 14 Februarie 2014 omstreeks 20:40 was ‘n verstandelik gestremde tienermeisie (17), die slagoffer op pad na die winkel toe sy deur twee bekende verdagtes aangerand is.

“Hulle het die slagoffer gegryp en na ‘n huis geneem waar hulle haar verkrag het. Die ma van die slagoffer kon die huis opspoor waar haar dogter seksueel aangerand is. Die verdagtes het egter deur ‘n venster gevlug,” het kaptein Kock gesê.

Die polisie het die verdagtes wat 16 en 17 jaar oud was ten tyde van die voorval in hegtenis geneem.

Beide is tot 10 jaar gevonnis, met 2 jaar wat vir 5 jaar opgeskort is.

Die Provinsiale Hoof vir Gesinsgeweld Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe (FCS) eenheid, brig Nicky Mills het D/Sgt Matshidisho Boikanyo van die Kuruman FCS-eenheid geloof vir uitstaande ondersoekwerk.

Die SAPD sal voortgaan om te fokus op Geslagsgebaseerde Geweld as een van ons prioriteite en verseker dat plegers van hierdie gruwelike misdade voor die hof gebring word.

Leave A Reply

Your email address will not be published.