Verkragtingsverdagtes gesoek deur die polisie

"Die slagoffer voer aan die verdagtes het haar van haar selfoon beroof, met 'n vuurwapen in nabygeleë bosse ingesleep en haar om die beurt verkrag."

0

Die polisie in Kimberley het ‘n soektog van stapel gestuur na ‘n verkragtingsvoorval, waar ‘n vrou deur twee verdagtes aangerand en  verkrag is.

Die slagoffer het beweer dat sy op Maandag, 15 November 2021 om ongeveer 20h26 op pad was na die plaaslike snoepie in Langstraat, Kimberley toe sy deur twee gewapende onbekende mans aangerand is.

Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat die verdagtes het gedreig om die slagoffer dood te maak, sou sy skree of enige geraas maak.

Die slagoffer voer aan die verdagtes het haar van haar selfoon beroof, met ‘n vuurwapen in nabygeleë bosse ingesleep en haar om die beurt verkrag.

Die verdagtes het van die toneel gevlug nadat hulle die slagoffer verkrag het.

“Die polisie in Kimberley vra die hulp van die publiek om moontlike verkragtingsverdagtes wat aan slagoffer verkrag aangeheg is, te identifiseer. Op die dag van die voorval het een verdagte, ‘n swart man, ongeveer 1,7 meter lank, lig van gelaat, skraal gebou, tussen die ouderdom van 25/30 ‘n langmou rooi T-hemp, jeans, donkerblou boshoed en in was besit van ‘n mes,” het Kaptein Tawana gesê.

Die ander medepligtige, ‘n swart man tussen die ouderdom van 25/30, ongeveer 1,5 meter lank, skraal gebou, donker van gelaat, met ‘n swart boshoed, vuil klere T-hemp en jeans, was in besit van ‘n vuurwapen.

Albei verdagtes praat Afrikaans.

Kaptein Tawana het gevra dat enige persoon met die inligting wat kan help om die verdagtes op te spoor, word versoek om die ondersoekbeampte, sers Junita Lekay by 082 3020 473 te kontak of Crime Stop by 08600 10111 te kontak.

Leave A Reply

Your email address will not be published.