Vermeende rower noodlottig gewond tydens juwelierswinkel rooftog

0

n Saak van van poging tot sakeroof en moord word ondersoek nadat ’n gewapende rooftog by ’n plaaslike juwelierswinkel by die Monument Spar-winkelsentrum in Kimberley op 9 Oktober plaas gevind het.

Kolonel Mashay Gamieldien, ’n polisiewoordvoerder sê dat daar na bewering vier onbekende mans omstreeks 10:15 juwelierswinkel binnegekom het en hulself as kliënte voorgedoen het.

Hulle het juweliersware en geld van die eienaars en die winkelassistente geëis,” sê Gamieldien.

‘n Stryd het in die winkel ontstaan en skote is afgevuur.

Een van die manlike verdagtes is beseer en het buite die winkel ineengestort.

Die oorledene is op die toneel dood verklaar.

Enige persoon wat inligting oor die voorval het, kan die ondersoekbeampte, Sersant Modise Moshotloa, by 082 302 0407 of via die MySAPS App kontak.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

 

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.