Vermisde persoon op Grobelaarshoop

0

Die SAPD op Groblershoop vra hulp in die soektog na die 21 jarige Herchelle Freeman.

Herchelle is laas op 05 Oktober 2021 by die Gariep Plakkerskamp op Groblershoop gesien volgens ’n polisiewoordvoerder Kaptein Sergio Kock.

Hy het swart hare, is 1,6 m lank, medium gebou en is laas gesien met ’n blou broek en ‘n grys beanie.

Enige persoon met inligting oor waar Herchelle Freeman kan wees kan Sersant Benedict Mqotha by 083 541 4837 skakel of anoniem sms na 32211.

Persone kan ook die MySAPS App gebruik.

Die polisie ondersoek duur voort

Leave A Reply

Your email address will not be published.