Vermiste meisie se liggaam in Oranjerivier gevind

Klarissa Joubert (19) se liggam is gister gevind.

0

Die liggaam van die 19-jarige Klarissa Joubert is gister nèt na 12, in die Oranjerivier gevind.

Dit kom nadat die tienermeisie, saam met haar vriende verlede week Donderdag op ‘n buis in die rivier was, toe die buis omgeslaan het en sy haar greep verloor het.

‘n Woordvoerder vir die polisie, Kaptein Olebogeng Tawana het bevestig dat Joubert gevolglik verdrink het.

“Die polisie se soek- en reddingspanne, tesame met eksterne rolspelers het gister die 19-jarige meisie se liggam uit die rivier teruggevind.”

Simpatieboodskappe stroom in op sosiale media vir die ontslape Joubert.

Die begrafnisreëlings is nóg op hierdie stadium onduidelik.

 

Leave A Reply

Your email address will not be published.