Vermiste persoon gesoek deur die polisie op Upington

"Sersant Omphile Masegela, polisiewoorvoerder van die Noord-Kaap het bevestig dat Ljan is laas in Raaswater gesien met 'n blou oorpak."

0

Die polisie in Upington vra bystand van die publiek om vermiste persoon, Ljan Kortdom (55) op te spoor wat op 5 Mei 2019 vermis geraak het.

Sersant Omphile Masegela, polisiewoorvoerder van die Noord-Kaap het bevestig dat Ljan is laas in Raaswater gesien met ‘n blou oorpak.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte kaptein Christa Kruger by 076 022 3528/ 054 337 3435 kontak.

Leave A Reply

Your email address will not be published.