Vermiste tienerdogters op N7-pad gevind

0

Twee 13-jarige dogters van Steinkopf, Aneen Lewis en Shahieda Engelbrecht, wat vroeёr vandeesweek as vermis aangemeld was, is uiteindelik gevind.

“Die twee tienermeisies is gister op die N7-pad gevind, met die hulp van Sersant Van den Heever, van die Nababeep-speurtak.”

Lewis en Engelbrecht was oppad skool toe en het nie weer na hul verskeie woonhuise teruggekeer nie.

’n Woordervoerder vir die polisie, Konstabel Ellick, het bevestig beide die dogters laaste gesien was in hulle skool-uniforms; wit hemde met grys broeke.

Die plaaslike polisie het nie geskroom om hard aan die werk te spring, om hierdie twee dogters op te spoor nie.

Nadat ’n amptelike soektog van stapel gestuur is, het die polisie inligting ontvang dat die twee dogters, na bewering gistermiddag voor Mr.Price, op Springbok raakgesien was.

Ouers word hiermee weereens gemaan om asseblief kinders veilig te hou en te beskerm.

Leave A Reply

Your email address will not be published.